Pretoria South Africa
Share Site | Refer Friends | List Business | Newsletter ..... Email .... Name ....

HOU JOU ROKKIES BYMEKAAR

by Jean-Pierre Verster
(Menlopark, Pretoria, Gauteng, South Africa)

Hou jou rokkies bymekaar

Hou jou rokkies bymekaar

Hou jou rokkies bymekaar

Vrydag 4 November 20h00
Sondag 6 November 15h00

‘n Nuwe produksie deur Robert Brooks en Gisela de Villiers, waarin liedere uit die FAK Sangbundel nuut aangebied word met woordkuns en poësie. Die verwerkings volg die tradisionele musiek, maar met 'n nuwe gestalte aan die oorspronklike humor en erns.

In die lig van die konstante debat oor die toekoms van Afrikaans, het die twee kunstenaars diep gedelf in die liedereskat, en met die keuse van woordkuns daarmee saam ‘n program saamgestel wat die luisteraar uitdaag, dog sonder konfrontasie. Die taal praat self, by monde van vele mense wat deur die Afrikaans ‘n weg tot sinvolle emosionele uitdrukking gevind het. Hiermee word ook gewys dat die taal geen beperking het t.o.v. ras of kleur nie, Afrikaans is inklusief, nie eksklusief nie. “Hou jou rokkies bymekaar” is die eerste in ‘n reeks produksies wat deur die kunstenaars beplan word. Volgende produksies is nie beperk tot die FAK nie, en hulle beoog ‘n paar uitdagende nuwe musikale verrassings.

Robert Brooks en Gisela de Villiers het ‘n interessante geskiedenis van saam musiekmaak. As medekoorlede in die destydse Natalse Jeugkoor, het hulle as soliste ‘n konsert aangebied in 1978. Daarna is Robert Europa toe, en voltooi sy musiekstudies in Salzburg en Wene. Hy was 1986 in Wene wenner van die Musiekverein se Internasionale Sangkompetisie, en is steeds aktief as sanger in Europa. Robert het o.a. opgetree saam met dirigente soos Yehudi Menuhin, Herbert von Karajan, Nikolaus Harnoncourt en vele ander. Hy het in 2001 die organisasie “MIAGI” (Music is ‘n Great Investment) in Suid-Afrika begin.

Gisela het intussen in Suid-Afrika gebly, en het na die voltooiing van haar musiekstudies aan UP en UNISA, ‘n beroep gevolg as koorleier, komponis en kabaretsangeres. Gisela was nasionale wenner van ATKV-Crescendo, en as koorleier ook nasionale wenner van Applous. Sy tree dikwels op as beoordelaar, en haar komposisies is nasionaal en internasionaal in aanvraag. Sy het ‘n vokale akademie, en spits haar veral toe op komposisie. Robert en Gisela het na 32 jaar besluit om weer saam musiek te maak.

Kaartjies tussen R100-150 per persoon

Click here to post comments

Join in and write your own page! It's easy to do. How? Simply click here to return to Pretoria Events.





Subscribe to our FREE Newsletter!

Pretoria South Africa
& Grab your FREE ebook!
Email

Name

Then

I will never share your email












Pretoria South Africa
XML RSS
Add to Google
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Newsgator
Subscribe with Bloglines

Bookmark Us

Special SiteSell Promotion


| Homepage | Email Us | Link Exchange | Advertise | Privacy Policy | Links | Calling Expats | About Us

Pretoria South Africa
Return to top

Copyright© 2007-2010.