![]() |
|
||||
|
| |||||
CASPER NADES
by Brett Dovey
Time : 14h30 Cost : R 150 p/p Bookings : Computicket Die improvasie-komedie vertoning CasperNades volg op die sukses van Bloemers & Roemers, wat landwyd vol sale getrek het en staande toegejuig is. Hierdie vertoning is tradisionele improv met 'n deeglike skeut byderwetse stand-up humor uit die boonste rakke. Casper de Vries is ongetwyfeld Suid-Afrika se gewildste komediant en hy skitter as gasheer met mede-komediante die sterre Shaleen Surtie-Richards, Karen Wessels, Louw Venter en Marion Holm, alombekend vir hul komiese aanslag en talent. As 'n verrassing sal daar ook nog ander welbekende talent die verhoog met hulle deel. Met Casper wat die sweep klap as ringmeester en met die gehoor se insette beloof hierdie kunstenaars om hul flinkdinkvermoeëns deeglik op die proef te stel in verskeie scenarios/sketse, met skreeusnaakse gevolge... Hierdie 90 minute lang vertoning het geen pouse, en 'n aanbevole ouderdomsbeperking as volg: Geen persone onder 16 jaar toegelaat. Jou maagspiere sal steeds seer gelag wees ure na die gordyn reeds gesak het. |
|
||||
|
|
|||||
|
| Homepage | Email Us | Link Exchange | Advertise | Privacy Policy | Links | Calling Expats | About Us
Pretoria South Africa
|
|||||
|
| |||||